Die Tambotie Hemp is gemaak vir manne wat hou van stofpaaie, vroegoggend koffie en lang dae in die bosveld. Soos die Tambotie boom staan hierdie hemp sterk, netjies en vol karakter.
Met sy moderne pasvorm, sagte premium materiaal en unieke detail is die Tambotie Hemp perfek vir enige iets van kampvuur kuier tot n dag op die plaas. Die subtiele blou aksente gee hom n vars voorkoms sonder om sy bosveld hart te verloor.
Kenmerke: • Premium sagte materiaal vir heeldag gemak • Moderne grys kleur met blou detail • BEESSTERT logo op bors • Lig en gemaklik vir alledaagse dra • Netjiese pasvorm vir werk of kuier • Sterk kwaliteit gemaak vir die buitelewe